Poolse kookkuns

Zupa ogórkowa – Poolse komkommersop

Pole se kookkuns is veelsydig en toon naas baie ooreenkomste met dié van sy oostelike buurlande ook enkele invloede uit Sentraal-Europa en Skandinawië. Die Poolse eetkuns weerspieël die historiese adelskultuur en landelike tradisies net soos die land se geografiese kenmerke. Maar ondanks die invloede van buite en die groot verskeidenheid kulinêre streeksvariante volg die Poolse kookkuns ten opsigte van sy geregte en eetgewoontes 'n gemeenskaplike nasionale standaard.

Die bekendste Poolse spesialiteite sluit deegprodukte, soppe, wors, wildsvleis, soet snoeperye en tert, wit kaas, wodka, gepekelde komkommers en 'n groot verskeidenheid sampioene in.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search